• Skip to main content

Mud Mosh

144,000 VAN OPENBARING

by mud mosh

Wie is die 144,000 van Openbaring? Dit is insiggewend dat dit drie keer in Openbaring genoem word, sewe hoofstukke van mekaar, in hoofstukke 7 en 14.

Openb. 7:4 En ek het die getal van die verse«ldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verse«ldes uit al die stamme van die kinders van Israel

Openb. 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.

Openb. 14:3 En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is. (4)Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.

Ons leer van die gedeelte in hoofstuk 14 dat hulle diegene is wat as “eerstelinge” vir God en die Lam gekoop is.

Wat beteken dit?

Is daar enige ander verklarings in die Nuwe Testament oor wie hierdie “eerstelinge” is, of is Openbaring 14 die enigste hoofstuk wat daaroor uitbrei?

Rom 8:23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Paulus verklaar hier dat hulle, (in die eerste eeu), die eerstelinge van die Gees het. Dit is iets wat hulle alreeds in daardie tydperk ontvang het en nie iets wat hulle vir duisende jare moes wag om te verkry nie.

Rom 16:5 Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Ep©netus, my geliefde, wat die eersteling van Ach¡je is vir Christus.

Paulus gebruik hier weer die term “eersteling”. Hy verwys na Ep©netus, ‘n Romein wat ‘n bekeerling in Christus geword het. Ep©netus was een van die eerstes wat tot bekering (in Rome) gekom het.

1Kor. 16:15 En ek versoek julle, broeders'”julle weet dat die huisgesin van St©fanas die eersteling van Ach¡je is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het'”

Paulus praat met die gemeente van Korinti«rs en hy verwys na St©fanas, nog iemand wat in die eerste eeu geleef het. Hy noem St©fanas die “eersteling van Ach¡je.”

Dit is interessant om te let op die teenstellings. Ep©netus was ‘n nie-Jood, of “heiden,” teenoor St©fanas wie ‘n Jood was. Dit is dus duidelik dat daar verteenwoordiging in die eerstelinge van beide Jood en nie-Jood was.

Jakobus maak ook gebruik van die term “eerstelinge” om te beskryf dat “Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees” Jak 1:18 .

Praat hy hier van “ONS” in die 21ste eeu?

Nee, hy skryf hier aan ‘n groep Jode in die eerste eeu wat verspreid was as gevolg van vervolging. Jakobus is chronologies die eerste geskrewe geskrif van die Nuwe Testament. Dit is insiggewend dat, so vroeg in die verloop van die kerkgeskiedenis, hy dit noem dat daar sekere mense, deur die inspirasie van die Heilige Gees, gekonsidereer is om “eerstelinge” te wees.

Kom ons pas dus hierdie uitgebreide definisie van “eerstelinge” toe op die hoofstukke in Openbaring. Met die gebruik van die uitgebreide definisie, vergemoeilik dit ons kanse om skriftuurlike bewyse te lewer dat Johannes na die 144,000 verwys as ‘n groep mense wat 2000+ jaar na die skryf van sy brief eers bestaan het. Inteendeel, gebaseer op die gebruik van die woord “eerstelinge” deur beide Paulus en Jakobus, beskryf Johannes ‘n groep gelowiges, (heel moontlik Jode) wat in die eerste eeu geleef het.

Die leering aangaande hierdie 144,000 – in die dispensasioneel-futuristiese siening – is dat hierdie groep mense eers aan die einde van die tribulasie periode gebore word. Hulle gaan dan deur die laaste van die tribulasie en word dan in die koninkryk ingelei vir bevolking.

Hierdie denkwyse verander die woord “eersteling” na “laaste” aangesien hierdie “eerstelinge” dan die laastes is wat na God en die Lam toe kom. Dit maak werklik nie sin nie. In konteks is die 144,000 die eerste bekeerdes wat tot geloof in Christus gekom en gelowiges geword het. Dit het in die eerste eeu gebeur.

Related posts:

  1. DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS ‘” VERTRAAG of OP TYD?
  2. Die Dwelms Wat Die Meeste Verbruik Onder Adolessente
  3. Is Drugsgebruik Kamers Goeie?
  4. Volgorde Van Die Toets Dwelms
  5. Volgorde Van Het Testen Van Drugs
  6. De Meest Geconsumeerde Drugs Onder Jongeren
Previous Post: « 5 Hard to Kill Plants for Your Flower Garden
Next Post: Lori Elliot, Owner of the Painted Horse Restaurant in North Scottsdale, Arizona »

© 2021 Mud Mosh · Contact · Privacy